03 marzo 2010
Testimonianza di Alessandro Sacco nella lingua Afrikaans
My naam is Alessandro Sacco. Ek is op die 19de November 1977 in Palermo gebore. My familie was baie arm en hulle het alreeds drie seuns gehad. My familie het vir my ma gese: "Jy is so arm, jy het nie nog 'n kind nodig nie en vir net 50,00 Euro's kan jy 'n aborsie laat doen sonder om 'n vierde kind te moet grootmaak. My Moeder het met 'n goeie vriend gepraat oor haar voorneme om die swagerskap te be eindig, maar sy het gese: "Jy weet nie wat die Here se wil is vir hierdie baba nie, will jy regtig jou kind doodmaak?" My Ma het gelukkighaar raad gevolg teen die wil van my familie.
In 1983 was ek 3 jaar en drie maande oud, toe my Tannie oplet dat ek mank loop en sy het voorgestel dat sy my dokter toe vat. Die dokter het vermoed dat dit verlamming was wat deur hitte veroorsaak was, maar na 'n volledige mediese ondersoek is daar ontdek dat ek brein kanker ontwikkel het. Die gewas was die groote van 'n suurlemoen (omtrent 4cm) en dit was onmoontlik om in Palermo, waar ek gebly het, te opereer. Ons was aangemoedig om eerder Messina toe te gaan waar die operasie gedoen sou word. Ongelukkig is die hele gewas nie verwyder nie en na die operasie, het 'n vreemde ding gebeur.
My voorkop het onbeheerd begin beweeg, maar die verpleegster het gese dat dit die effek was van die medisyne wat ek gedurende die operasie gekry het. My hele gesig was aan die bewe en my Moeder was baie onrustig, maar die dokter was baie besig met ander pasiente.. Toe daar skuim by my mond uitgekom het, het sy histeries geword. Die dokter het uieindelik gekom. Hulle het my 'n verdoofmiddel ingespiut en het die volgende oggend met my ouers gepraat. Ek het later uitgevind, van 'n 12 jarige dogter by my in die kamer, dat die dokter gese het dat ek in 'n tweede graadse koma was en dat daar geen hulp was om my lewe te red nie.
Hulle het my Vader vertel, wat to die nuus aan my Moeder moes oordra. Toe my ma hoor, het sy vir die eerste keer in haar lewe haar hart vir Jesus Christus oopgemaak en sy het gebid:"Here, ek het na U stem geluister en nie my swangerskap beeindig nie, en nou wil U my geliefde seun wegneem?.........................
Clicca qui per leggere tutta la testimonianza in Afrikaans di Alessandro Sacco
12:26
Scritto da: alexisraele
in Testimonianze | Link permanente | Commenti (0)
|
Segnala
| Tag: alessandro sacco, testimonianza, testimonianze, afrikaans | OKNOtizie |
Facebook












Scrivi un commento